Lukas stel Jesus voor as die ideale Man -- Hoofstuk 9
We update studies as the Lord Jesus leads us. You can find the latest update of this study at ChurchAges.net
"en die derde lewende wese het ’n gesig gehad soos ’n mens" -- Hoe behoort ons as mense op te tree? Lukas leer ons waardevolle lesse oor hoe ons moet leef in hierdie dag -- Volg die Skrif in alles wat ons doen
First published on the 6th of August 2021 — Last updated on the 6th of August 2021Lukas 9:1 En Hy het sy twaalf dissipels saamgeroep en aan hulle mag en gesag gegee oor al die duiwels en om siektes te genees.
2 En Hy het hulle uitgestuur om die koninkryk van God te verkondig en die siekes gesond te maak
3 en vir hulle gesê: Neem niks vir die pad nie, geen stokke of reissak of brood of geld nie, en geeneen van julle moet twee kledingstukke hê nie
Die dissipels was arm en moes in geloof lewe.
Lukas 9:4 En in watter huis julle ook mag ingaan, bly dáár en gaan dáárvandaan verder.
5 En almal wat julle nie ontvang nie — as julle van daardie stad weggaan, skud selfs die stof van julle voete af, tot ’n getuienis teen hulle.
6 En hulle het uitgegaan en dorp vir dorp deurgegaan en oral die evangelie verkondig en siekes gesond gemaak.
Koning Herodes het Johannes die Doper dood laat maak en het nou begin bekommer raak. Selfs die slegte mense begin bekommerd raak wanneer Jesus op die toneel verskyn.
Lukas 9:7 Herodes, die viervors, hoor toe van al die dinge wat deur Hom gedoen is; en hy was met die saak verleë, omdat deur sommige gesê is: Johannes is uit die dode opgewek;
9 En Herodes het gesê: Johannes het ek onthoof; maar wie is hierdie man van wie ek sulke dinge hoor? En hy het probeer om Hom te sien.
Johannes die Doper was gevul was met die Heilige Gees. Deur hom dood te maak, het Herodes die Heilige Gees gelaster, en dit is die onvergeeflike sonde.
Jesus, wat die Woord is, het nooit met Herodes gepraat nie.
Jesus het nou besluit om die 5000 mans in die wildernis te voed.
Lukas 9:13 Maar Hy sê vir hulle: Gee julle vir hulle iets om te eet. Maar hulle antwoord: Ons het nie meer as vyf brode en twee visse nie, tensy ons voedsel gaan koop vir al hierdie mense.
14 Want daar was omtrent vyfduisend manne. Maar Hy sê vir sy dissipels: Laat hulle in groepe van vyftig sit.
15 En hulle het dit gedoen en almal laat sit.
16 Toe neem Hy die vyf brode en die twee visse, en nadat Hy opgekyk het na die hemel, seën Hy dit en breek dit en gee dit aan die dissipels om dit aan die skare voor te sit.
Hierdie wonderwerk verwys na die toekomstige sewe kerk-eeue van die nie-Joodse kerk.
Jesus gee die voedsel aan die dissipels. Die dissipels gee die voedsel aan die verskillende groepe mense. Hierdie verteenwoordig die 2000 jaar van die kerk geskiedenis, wanneer Jesus die dissipels sou inspireer om die Nuwe Testament te skryf. Hierdie leerstellings sou versprei na die verskillende groepe mense wat as gelowiges, in die verskillende plekke en in die verskillende kerke-eeue, bymekaar sou kom. Alle Christene het Bybel waarhede geleer van wat die dissipels geskryf het aan die begin van die kerk-eeue. Die Nuwe Testament is die grondslag van die Christendom. Ons kan net van God leer deur dit wat in die Bybel geskryf is.
Die oorspronklike sewe items van voedsel simboliseer die sewe kerk-eeue. Die vis, wat onder water swem, is 'n simbool van die ondergrondse kerk gedurende die verskriklike Donker Eeue van die derde- en vierde kerk eeu. Die brood simboliseer Bybel leerstellings wat die basis is van die ander vyf kerk eeue.
Lukas 9:17 En hulle het geëet en is almal versadig, en van wat vir hulle van die brokstukke oorgebly het, is daar twaalf mandjies vol opgetel.
Die voeding van die 5000 verteenwoordig die dissipels se leerstelling wat almal voed van die verskillende groepe Christene, dwarsdeur die 2000 jaar van die kerk geskiedenis. Aan die einde, sal die dooie Christene opgewek word, en die Christene sal opgaan na die Hemel met die Here Jesus se koms. Dan sal die evangelie terug gaan na die twaalf stamme van Israel tydens die groot Verdrukking. Moses en Elia sal hulle dan voed met dieselfde fragmente van leerstellings van die Nuwe Testament. Die Jode sal dan presies dieselfde glo as die nie-Joodse kerk gelowiges. Hulle sal dieselfde geestelike voedsel eet, wat die kerk geglo het en hulle siele op gevoed het.
Lukas 9:18 En toe Hy besig was om alleen te bid, was die dissipels by Hom, en Hy vra hulle en sê: Wie sê die skare is Ek?
19 En hulle antwoord en sê: Johannes die Doper, en ander: Elía, en ander dat een van die ou profete opgestaan het.
Wanneer die dissipels gevra word wat ander mense dink, het hulle almal geantwoord. Hulle is te bang om iets vir hulself te glo. Ons as mense verkies om net te herhaal wat ons gehoor het.
Lukas 9:20 En Hy sê vir hulle: Maar julle, wie sê julle is Ek? En Petrus antwoord en sê: Die Christus van God!
Toe die dissipels gevra word wat hulle dink, was Petrus die enigste een wat 'n persoonlike openbaring gehad het van wie Jesus regtig was. Hy was die enigste een wat geantwoord het.
Lukas 9:21 Toe gee Hy hulle ’n streng bevel en gebied hulle om dit aan niemand te vertel nie.
Jesus het hulle aangesê om stil te bly. Die Jode was reeds oppad uit God se waarheid. Die dissipels sou toe die Christelike kerk begin. Dit was dus nie nodig om die Jode iets te vertel wat hulle nie kon glo nie.
Lukas 9:22 En Hy sê: Die Seun van die mens moet baie ly en verwerp word deur die ouderlinge en owerpriesters en skrifgeleerdes en gedood word en op die derde dag opstaan.
Die Jode was van plan om Jesus dood te maak omdat hulle nie kon glo dat Jesus, God in die vlees was nie.
Let asseblief op dat dit die godsdienstige leiers was wat Christus verwerp het. Daarna het hulle die mense oortuig.
Die leierskap is waar die Jode en die kerk verkeerd sou gaan.
Lukas 9:23 En Hy sê vir almal: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis elke dag opneem en My volg.
Christene moet die selfwil laat sterf. Die kruis verteenwoordig lyding. Christene moet geen menslike leier volg nie, maar slegs Jesus, wat die Woord is. Ons moet nooit enigiets glo, tensy dit in God se Bybel geskryf is.
Lukas 9:24 Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, hy sal dit red.
God het 'n Groot Visie, wat 'n geestelike rivier is van God se wil, wat deur die sake van mense vloei. Ons het elkeen ons eie klein poeletjie van selfsugtige self-wil. As ons eie-wil probeer bewaar, deur in die poeletjie rond te plas, dan sal ons geestelik sterf. As ons eie-wil oorgee en sterf vir eie-wil, dan eers kan ons in die rivier van God gespoel word. Die rivier sal ons in 'n onbekende rigting spoel waar ons nie wil gaan nie, maar hierdie rivier is die enigste pad na veiligheid. As ons nie dood is vir eie-wil nie, dan sal ons ons tyd spandeer deur uit die rivier te probeer spartel.
Lukas 9:25 Wat baat dit ’n mens tog as hy die hele wêreld win, maar homself verloor of skade aandoen?
Vroue. Geld. Roem. Wat ons ookal wen op hierdie aarde, is tydelik. Ons kan dit nie saam met ons neem nie. Om die rykste mens in die begraafplaas te wees, is maar 'n flou troos.
Lukas 9:26 Want elkeen wat hom skaam vir My en my woorde, vir hom sal die Seun van die mens Hom skaam wanneer Hy kom in sy heerlikheid en dié van die Vader en van die heilige engele.
Ons moet opstaan vir die Woord van God. Kerke het verkeerd gegaan met tradisies, mensgemaakte leerstellings en ander foute. Ons moet bly by wat in die Woord geskryf staan. Wat beteken, om met jou gewildste kerk, jou gawe kerk leiers, en jou familie te verskil. Dit is nie die maklikste pad om te volg nie. Dit hang net af wie eerste in jou lewe kom.
Die ervaring van die berg van verheerliking, verteenwoordig die einde van die sewende kerk-eeu. Die koms van die Here het twee gebeurtenisse wat dit voorafgaan. Die dode in Christus sal eerste opstaan. Hierdie is al die heiliges van die sewe kerk-eeue. Dan sal die lewende gelowiges verander word in nuwe liggame. Daarna sal hulle almal saam in die lug opgeneem word om die Here Jesus te ontmoet, en saam met Hom na die huweliksmaal in die Hemel gaan.
Die twee profete, Moses en Elia, sal die evangelie na die Jode neem gedurende die groot Verdrukking.
Lukas 9:27 Ek sê vir julle met waarheid: Daar is sommige van die wat hier staan, wat die dood sekerlik nie sal smaak voordat hulle die koninkryk van God gesien het nie.
Drie van die dissipels sou die Tweede Koms van Jesus sien deur die ervaring op die berg van verheerliking.
Lukas 9:28 En omtrent agt dae ná hierdie woorde het Hy Petrus en Johannes en Jakobus saamgeneem en op die berg geklim om te bid.
Sewe dae het veby gegaan. Dit simboliseer die einde van die sewe kerk-eeue. Die agtste dag (agt verteenwoordig ’n nuwe sisteem), verteenwoordig die begin van die groot Verdrukking. Die woord “omtrent” is ‘n bietjie vaag omdat daar ‘n oorgangstyd is van wanneer die kerk-eeue eindig en die Verdrukking begin.
Lukas 9:29 En terwyl Hy bid, het die voorkoms van sy aangesig anders geword en sy klere skitterend wit.
‘n Bonatuurlike verandering vind plaas. Hierdie verteenwoordig die dooie heiliges wat opstaan in onsterflike liggame en die lewende kerk wat verander word in onsterflike liggame.
Jesus skyn met ‘n stralende glorie wat geen sterflike mens mee vergelyk kan word nie. Dit illustreer dat Hy ver bo enige mens verhewe is, en dat geen mens enigsins met Hom vergelyk kan word nie.
Lukas 9:30 En daar was twee manne in gesprek met Hom; dit was Moses en Elía.
Jesus het ‘n uitstraling gehad wat hierdie twee profete, wat slegs mans was, ver oortref het. Jesus is baie meer as ‘n Man. Die bonatuurlike God wat in Hom was het uitgestraal en Hom verheerlik.
Moses verteenwoordig die opstanding van die dooie heiliges van die sewe kerk-eeue, omdat hy gesterf het.
Elia het nooit gesterf, en simboliseer dus die lewende kerk aan die einde, wie se liggame sal verander.
Maar daar is ook belowe dat die gees van Elia terug sou keer aan die einde van die nie-Joodse kerk-eeue, om alle dinge te restoreer terug na die apostoliese geloof van die eerste kerk-eeu soos dit in die Nuwe Testament uiteengesit is.
Matthéüs 17:11 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Dis waar, Elía kom eers en sal alles herstel;
Johannes die Doper het in die gees van Elia gekom. Maar Johannes is nou dood. Dit is dus ‘n toekomstige profesie.
Daar is dus aan die einde ‘n Elia-tipe bediening om die eindtyd gelowiges terug na die leerstellings van die Nuwe Testament te draai. Dit is verloor tydens die Donker Eeue. Hierdie herstel sal die gelowiges voorberei vir die opneming van die kerk om die Here in die lug te ontmoet.
Lukas 9:31 Hulle het in heerlikheid verskyn en van sy uitgang gespreek wat Hy in Jerusalem sou volbring.
Moses en Elia het in heerlikheid verskyn, maar dit was om Jesus se dood te bespreek. (Ons grootste glorie as Christene is wanneer ons kan sterf tot onsself.) Golgota is die belangrikste gebeurtenis van Jesus se eerste koms. Dit verkry verlossing vir beide Jode en nie-Jode, en berei die weg vir Sy glorieryke Wederkoms.
Nadat die kerk opgeneem is na die Hemel, sal Moses en Elia die evangelie terug na die Jode neem gedurende die Verdrukking. Die 144000 sal Jesus as Messias ontvang en dan sterf.
Die eindtyd gebeure tydens die Wederkoms van die Here word dus briljant opgesom met die Berg van verheerliking ervaring.
Lukas 9:32 En Petrus en die wat saam met hom was, was deur die slaap oorweldig. Maar toe hulle wakker word, sien hulle sy heerlikheid en die twee manne wat by Hom staan.
Die gelykenis van die tien maagde: Hulle was skoon vroue – geredde Christen kerke. Maar hulle was almal vas aan die slaap net voor die troue. ‘n Roep het hulle wakker gemaak – die Elia wat kom om die kerk te restoreer na die geloof van die Nuwe Testament apostoliese vaders.
Sodra die kerk opgeneem word na die Hemel, sal die twee profete, (Moses en Elia) die evangelie terugneem na die twaalf stamme van Israel gedurende die Verdrukking, om hulle voorteberei vir die Koms van Jesus van die 144000 Jode.
Lukas 9:33 En toe hulle van Hom weggaan, sê Petrus vir Jesus: Meester, dit is goed dat ons hier is; laat ons dan drie hutte maak, een vir U en vir Moses een en een vir Elía — hy het nie geweet wat hy sê nie.
‘n Drie-eenheid gees oorkom Petrus. ‘n Groot menslike swakheid is ons begeerte om bekende mense te verhef wat God gebruik het. Neem kennis van die massiewe fout. Petrus het twee wonderlike mense op dieselfde vlak geplaas as Jesus.
‘n Kerk gees het Petrus ook oorkom. Hy wil ‘n tabernakel of kerk oprig in die naam van ‘n bekende man van God. ‘n Lutherse kerk of tabernakel. ‘n Wesley kerk of tabernakel. Dit is die gees van denominasies wat die Christendom in 30000 verskillende tipes denominasionele en nie-dominasionele kerke verdeel.
Baie Boodskap gelowiges plaas die aanhalings van Willian Branham as gelyk met die Skriftuur. Sommige beweer dat die aanhalings bo die Skrif is.
Jy het geen openbaring van hierdie aanhalings, tensy jy jou geloof kan bewys vanaf Bybel verse nie.
Petrus se grootste fout was om Jesus advies te probeer gee. Ons moet net die Bybel glo, en nooit daarop probeer verbeter nie. God het nie ons voorstelle of advies nodig nie.
Lukas 9:34 Maar toe hy dit sê, kom daar ’n wolk en oordek hulle, en hulle het bang geword toe daardie manne in die wolk ingaan.
‘n Wolk het die toneel oordek om te simboliseer dat Petrus se voorstel totaal uitgewis word. Die drie dissipels het bang geword, wat die regte denkwyse is in die teenwoordigheid van God. In ‘n atmosfeer van vrees is ons meer geneig om te luister en minder te praat.
‘n Wolk wat oor ‘n berg neerdaal word ervaar as ‘n dik mis waarin ‘n mens sy rigting kan verloor en hopeloos verlore kan raak. Dit is wat gebeur as ons as Christene, ‘n man met Jesus vergelyk. Om te sê dat Moses of Elia of William Branham vergelyk kan word met Jesus, is net ‘n indikasie dat ons verlore is in die mis van ongeloof.
Lukas 9:35 En daar kom ’n stem uit die wolk wat sê: Dit is my geliefde Seun; luister na Hom!
Enige stem wat in die eindtyd met ons praat, sal slegs openbaar wat in die Bybel geskryf staan. Wat Jesus in Woord vorm is. Hoor net Hom, die Woord van God. Geen ander mens nie.
In die “dae van die stem van die sewende engel” moet ons al sy aanhalings terug neem na die Skrif, en slegs die idees glo wat bewys kan word deur Bybel verse bymekaar te sit, om die waarheid te openbaar.
Die aanhalings van ‘n man, as dit korrek is, kan slegs na die waarheid wys. Die waarheid self kan selgs in die Bybel gevind word. Reël op reël. Skriftuur gerugsteun deur nog Skriftuur, met geen teenstrydighede nie.
Jesaja 28:13 Daarom sal die woord van die Here vir hulle wees gebod op gebod, gebod op gebod, reël op reël, reël op reël, hier ’n bietjie, daar ’n bietjie, sodat hulle kan heengaan en agteruit struikel en verbreek en verstrik en gevang word.
Geen fout kan deur die Bybel gaan, sonder dat Skriftuur dit iewers sal weerspreek. Die grootste misleiding van ons eeu is Boodskap predikers wat aanhalings gebruik om hul geloof te bewys. Waarom bewys hulle nie hul idees vanaf die Bybel nie? Want, hulle idees is verkeerd, en kan daarom nie in die Bybel gevind word nie. Hulle is so verlief op hulle eie idees, en die hupstoot van hul egos, omdat hulle as slim beskou word, dat hulle die Bybel verontagsaam.
Byvoorbeeld, baie “Boodskap” predikers sal jou vertel dat hulle die nuwe naam van Jesus weet. Verskillende predikers het baie verskillende “nuwe name” uitgedink. Dit hang dus af met wie jy gesels.
Openbaring 19:12 En sy oë was soos ’n vuurvlam, en op sy hoof was baie krone; en Hy het ’n Naam wat geskrywe is, wat niemand ken nie, behalwe Hy self.
Die Bybel sê dat geen mens die nuwe naam van Jesus ken nie.
Die “Boodskap” predikers beweer dus om iets te weet wat die Bybel sê ons nie kan weet nie.
Ons einddoel. Luister slegs na die Bybel, die Woord van God. Die Bybel is ons Onvoorwaardelike.
Moses en Elia, twee van die grootste profete, kan nie eers begin om vergelyk te word met Christus nie.
Daardie “Boodskap” predikers wat beweer dat William Branham se aanhalings gelyk is met Skriftuur, is besig om mense te mislei en verdraai wat hy hul geleer het.
Enige mens se openbaring moet gespeur word deur die relevante Bybel verse, en dit alleen sal vaslê of dit korrrek is.
As die top drie dissipels aan hulself oorgelaat word, is hulle net so leidraadloos soos ons. Menslike opinies beteken niks. Daar is geen beroemde mense in die teenwoordigheid van Jesus nie.
In ons digitale wêreld is daar net twee nommers: 1 en 0. In terme van hierdie digitale informasie era, is Jesus nommer Een, en enige ander mens is 'n nul.
Watse nommer is jy?
Lukas 9:36 En nadat die stem gekom het, was Jesus daar alleen. En hulle het geswyg en aan niemand in daardie dae iets vertel van wat hulle gesien het nie.
'n Stem het gespreek. Die mis het verdwyn. Net Jesus is gesien. Daar is niemand wat met Jesus vergelyk kan word nie. Slegs Hy kan ons red. As jy die stem van die sewende engel gehoor het, dan sal jy slegs Jesus as jou Absoluut sien, wat deur die bladsye van die Bybel stap, soos wat jy Skriftuur verse verbind met mekaar, om 'n duideliker openbaring van Jesus Christus te sien.
Die top drie dissipels is stil. Hulle persoonlike bydraes was net 'n oop deur na groot foute. Hulle het 'n belangrike les geleer dat hulle nie hul eie opinies moes gee nie, maar reflekteer wat Jesus gesê het. Slegs dan sou hulle geskik wees om die Nuwe Testament te skryf.
Die kerk het dus net een Leier: Jesus. Een geloof: Christus. Een Boek: die Bybel.
Moet dit nooit vergeet tydens jou admirasie vir 'n beroemde persoon nie. As jy jou oë van die Bybel afhaal, soos Petrus, dan sal jy sink in die waters van dieselfde bedrieglike geestelike golwe van misleiding wat vandag oor die wêreld gaan.
Die put van die hel het in ons dag geopen, en spoeg rook uit wat die misleidende geeste van al sewe die kerk-eeue gekombineer, verteenwoordig, om die eindtyd Bruid te verneuk. Hierdie subtiele, sjarmante en oorredende geeste het baie slim leerstellings, (daar is baie variasies van die sogenaamde eindtyd “Boodskap”) maar hulle deel almal een algemene aanval plan. Hulle maak dat jy jou oë van die Bybel afhaal. Jy sukkel om te bewys wat jy glo, deur net die Skriftuur te gebruik. Dit is waarom ons die skild van geloof benodig. Geloof kom slegs deur die Woord te hoor.
William Branham was nie belowe as die “Stem van God” nie. Dit is 'n onskriftuurlike titel vir sy bediening. Hy was belowe as die “stem van die sewende engel”. Sy boekuitgewers het gehelp met die verwarring.
Hierdie Verheerlikings-toneel verwys na die einde van die kerk-eeue, dus was dit nutteloos om dit vir enige Jode van daardie tyd te vertel.
'n Man het sy duiwelbesete seun na Jesus gebring.
Lukas 9:40 En ek het u dissipels gebid om hom uit te drywe, en hulle kon nie.
41 Toe antwoord Jesus en sê: o Ongelowige en verdraaide geslag, hoe lank sal Ek by julle wees en julle verdra? Bring jou seun hier.
42 En toe hy nog aankom, skeur die duiwel hom en laat hom stuiptrekkings kry. Maar Jesus het die onreine gees bestraf en die seun genees en hom aan sy vader teruggegee.
43 En almal was verslae oor die majesteit van God. En toe almal verwonderd was oor alles wat Jesus gedoen het, sê Hy vir sy dissipels:
Jesus het enorme krag gedemonstreer. Toe waarsku Hy die dissipels dat Hy dood gemaak sou word. Dit was nie omdat Hy nie krag gehad het nie, maar omdat dit 'n noodsaaklike deel van God se verborge verlossingsplan was.
As dinge dus verkeerd gaan, moet ons besef dat God besig is om iets te doen wat anders is as wat ons sou doen.
As ons dan in God se denkwyse kom, sal ons besef dat niks verkeerd gegaan het nie, omdat God dit so uitgewerk het.
God het enorme krag wat Hy soms wegsteek agter 'n vertoning van menslike swakheid. Maar moet nie geflous word nie. Hy weet presies wat Hy doen. Op daardie manier hou Hy die duiwel aan die gis.
Lukas 9:44 Bewaar hierdie woorde in julle ore; want die Seun van die mens sal oorgelewer word in die hande van die mense.
45 Maar hulle het hierdie woord nie verstaan nie, en dit was vir hulle bedek, sodat hulle dit nie sou begryp nie; en hulle was bang om Hom iets te vra oor hierdie woord.
Die dissipels kon Jesus sien in Sy wonderlike krag. Maar hulle het nie geweet dat Jesus op Golgota Sy krag sou wegsteek agter 'n sluier van gemartelde menslike vlees, en 'n vertoning van oënskynlike menslike swakheid nie.
Die dissipels was totaal onbekwaam om God se plan te sien ontvou.
Messias het 'n serie van gebeure deurgemaak, wat almal totaal verstom het. Nie een van die mense het geweet wat op Golgota regtig gebeur nie. Ons moet dus gewaarsku wees, dat met die tweede koms van Jesus, dinge totaal anders gaan wees as wat ons as mense verwag.
Mense is dus nie bevoeg om die kerk te lei nie, want ons as mense weet eenvoudig nie wat God se verborge wil is nie.
Al wat ons kan doen in om by die Bybel te bly, en nie enigiets anders te glo nie.
Die Bybel alleen kan die volgende tree verlig wat ons moet neem.
Lukas spreek van nog 'n groot fout wat ons as mense affekteer.
Lukas 9:46 En daar het ’n redenering onder hulle ontstaan oor wie van hulle dan tog die grootste was.
Dit is een van die grootste vloeke in die Christelike kerk. Die begeerte om 'n man te verhef. Die begeerte om jouself te verhef is nog erger. Mededingende Christenskap wat die ego voed, en beklemtoon selfbelang. Christene sê “Ek is belangriker as jy”. Dit is die dodelike saad van self-adorasie. Christene wat superieur voel, wil graag ander leer om net soos hulle te wees. Hulle maak dus bekeerlinge na hulle eie beeld.
Lukas 9:47 En toe Jesus die redenering van hulle hart opmerk, neem Hy ’n kindjie en laat dié by Hom staan
48 en sê vir hulle: Elkeen wat hierdie kindjie ontvang in my Naam, ontvang My; en elkeen wat My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het; want wie die kleinste onder julle almal is, hy sal groot wees.
Jesus antwoord op die vraag “Wie is die grootste?” deur 'n kindjie op te tel. Maar 'n kind is nie die grootste nie. Die kerk sal dus nie gebou word op “die grootste” nie. Daar is nie so 'n posisie in die kerk nie. Geen kind sal aanspraak maak daarop om die grootste te wees nie, omdat kinders baie nuuskierig is en baie vrae vra, en slegs omdat hulle besef dat hulle so min weet en angstig is om te leer. Jesus gee ons hierdie voorbeeld. Hy vertel ons basies dat ons eintlik baie min weet van wat die Bybel sê. Ons moet meer angtig wees om te leer as om te onderrig. In ons liggame het ons twee oë en twee ore, maar net een mond. Dit wys ons dat ons meer moet leer as wat ons moet onderrig.
Ons is dus nie so slim as wat ons dink nie. 'n Gesindheid van geestelike superioriteit is nie 'n Christelike deugd nie.
Die nederigste Christen is groot in God se oë. Dis onwaarskynlik dat ons die geringste Christen sal verhoog, en dit impliseer dat daar geen verhoogde of grootste menslike leier is nie. Alleen Christus is die Hoof van die kerk. Ons moet slegs Hom hoor soos wat Hy deur die Woord spreek. God sien 'n nederige gehoorsaamheid aan Sy Woord as grootheid.
Terwyl die dissipels desperaat gekompeteer het met mekaar vir grootheid, het hulle geen idee gehad dat een van hul vyande, 'n Fariseër genaamd Saulus, almal van hulle sou oorskadu in terme van die opstel van die fondasie van die Christelike kerk. Saulus se naam is later verander na Paulus.
Weer eens, deur aan hulself te dink, het die dissipels totaal op die verkeerde pad gegaan.
Lukas praat nou teen die gees van denominasies -- “My kerk is die regte kerk”.
Daar is geen kerkgroep wat kan beweer dat hulle alleen korrek is.
Lukas 9:49 En Johannes het geantwoord en gesê: Meester, ons het iemand gesien wat in u Naam die duiwels uitdryf; en ons het hom belet, omdat hy U nie saam met ons volg nie.
50 Maar Jesus sê vir hom: Moet hom nie belet nie, want wie nie teen ons is nie, is vír ons.
Die bonatuurlike sal manifesteer in baie verskillende kerke, ten spyte van hul verskille in leerstellings. Nie een groep het eksklusiewe beheer oor die bonatuurlke nie.
Romeine 11:29 Want die genadegawes en die roeping van God is onberoulik.
God is nie beperk deur die mure wat kerke rondom hulself bou, in 'n poging om “die beste kerk” of die “die enigste kerk met die waaheid” te wees nie.
Ons moet respek hê vir God se gawes en talente, wanneer ons hulle in werking sien.
Elke Christen moet begryp dat God buite die grense van sy of haar kerk beweeg.
Lukas wil nie hê ons moet ons teenstanders tot verwoesting veroordeel nie.
Die Samaritane het Jesus nie in 'n sekere dorpie ontvang nie.
Lukas 9:54 En toe sy dissipels, Jakobus en Johannes, dit sien, sê hulle: Here, wil U hê ons moet sê dat vuur van die hemel afdaal en hulle verteer, soos Elía ook gedoen het?
55 Maar Hy draai Hom om en bestraf hulle en sê: Julle weet nie van hoedanige gees julle is nie;
56 want die Seun van die mens het nie gekom om die mense se lewe te verderf nie, maar te red. En hulle het na ’n ander dorp vertrek.
Dinge het nie verander oor 2000 jaar nie. Christene word steeds kwaad as mense nie met hulle saamstem nie. Christene hoop steeds dat God hulle opponente sal vernietig. Ons is vry om te verskil oor leerstellings, maar moet nooit hoop vir enigiemand se vernietiging nie, hoe verkeerd hulle ook al mag wees. As ons op daardie manier dink, dan is ons verkeerd.
Die Aartsbiskop van Canterbury het onlangs gebid dat Richard Dawkins, 'n ateïs en uitgesproke kritikus van die kerk, genees sal word van swak gesondheid. Ateïste was so verbaas deur die aartsbiskop se oorweging vir 'n medemens, dat baie bevraagteken het of hy hierdie gebed werklik bedoel het. Hy het. Hy het net 'n goeie voorbeeld aan ons gestel. Ons kan verskil van iemand, maar moet steeds respek en konsiderasie hê vir 'n mede mens. Welgedaan aan die Aartsbiskop om ons te wys hoe om hierdie situasie te hanteer. En wel gedaan aan Richard Dawkins vir die herstel van sy gesondheid. Elke mens het die reg om gesond te wees.
As 'n kerk het ons kritici nodig on ons foute uit te wys. Slegs dan kan ons verbeter. En te oordeel aan die gemors waarin die wêreld is, dan het al ons kerke baie verbetering nodig. So dank God vir die kritici. Hulle hou ons op ons tone, wat baie beter is as wat ons almal aan die slaap is in ons mensgemaakte oortuigings.
Lukas beklemtoon dat dit vir ons as mense nie maklik is om Jesus te volg nie. Om 'n Christen te wees is nie 'n bed van rose nie.
Lukas 9:57 En terwyl hulle op reis was, sê iemand op die pad vir Hom: Here, ek sal U volg, waar U ook mag gaan!
58 Toe sê Jesus vir hom: Die jakkalse het gate en die voëls van die hemel neste, maar die Seun van die mens het geen plek waar Hy sy hoof kan neerlê nie.
59 En Hy sê aan ’n ander een: Volg My. Maar hy antwoord: Here, laat my toe om eers my vader te gaan begrawe.
60 En Jesus sê vir hom: Laat die dooies hul eie dooies begrawe; maar gaan jy en verkondig die koninkryk van God.
61 En ’n ander een het ook gesê: Here, ek sal U volg, maar laat my eers toe om afskeid te neem van die wat in my huis is.
62 En Jesus antwoord hom: Niemand wat sy hand aan die ploeg slaan en agtertoe kyk, is geskik vir die koninkryk van God nie.
Ons moet eerstes op die Evangelie fokus. Daar mag nie 'n gemaklike plek wees vir ons om te slaap nie. Selfs die emosionele betrokkenheid met familie begrafnisse of familie afskeid, mag ons prioriteit om God eers te gehoorsaam, nie weg neem nie.
God se wil vee ons in rigtings wat ons nie persoonlik sou gekies het nie.
Wanneer ons Jesus as ons Hoof aanvaar, dan het ons geen verdere sê in waar die pad ons heen lei nie. Die liggaam kan slegs die hoof gehoorsaam. Dit kan nie die hoof vertel wat om te doen nie.