Lukas stel Jesus voor as die ideale Man -- Hoofstuk 7



"en die derde lewende wese het ’n gesig gehad soos ’n mens" -- Hoe behoort ons as mense op te tree? Lukas leer ons waardevolle lesse oor hoe ons moet leef in hierdie dag -- Volg die Skrif in alles wat ons doen

First published on the 19th of May 2020 — Last updated on the 20th of May 2020

Hoofstuk 7 is 'n simboliese hoofstuk waarin Lukas ons verwys na leidrade wat wys dat God van plan was om na die nie-Jode te keer gedurende die sewe kerkeeue.

Maar toe moes Lukas ook beklemtoon dat die Jode eers Jesus sou verwerp.

Lukas skryf van 'n Romeinse hoofman of beampte wat baie geloof gehad het. Hierdie man was nie 'n Jood. Hy het mag as 'n beampte gehad, en het soldate bevele gegee en rond gestuur deur net te praat. Daarom sê hy toe vir Jesus dat Hy nie na sy huis hoef te kom nie, omdat Jesus die mag het dat Hy net die woord kon spreek. Dan sou die duiwel wat die siekte veroorsaak het net moet weggaan. Dit het ook so gebeur.

Lukas 7:9 Toe Jesus dit hoor, was Hy oor hom verwonderd, en Hy draai Hom om en sê vir die skare wat Hom volg: Ek sê vir julle, selfs in Israel het Ek so ’n groot geloof nie gevind nie.

Lukas noem nou hoe Jesus die nie-Jood se geloof geprys het as beter as enige Jood se geloof.

Dit is soos om in die toekoms te kyk waar die geloof van God sou versprei deur die nie-Joodse kerke.

 

Jesus gaan toe na die stad Nain, waar daar 'n begrafnis van 'n weduwee se seun plaasgevind het. Jesus is ewige Lewe, so dood kan nie meer in Sy teenwoordigheid wees as wat duisternis kan bestaan in die teenwoordigheid van 'n helder lig nie. Dus het die dooie seun tot die lewe gekom.

Die Jode was God die Vader se kinders, dus het hulle die ongelowige nie-Jode beskou as geestelik dood omdat God nie hulle Vader was nie. Hier het Jesus na 'n weduwee se dooie seun gegaan, omdat hierdie seun nie 'n natuurlike vader gehad het nie. Jesus het hom van die dood opgewek, wat aandui dat Jesus die geestelike dooie ongelowige nie-Jode, wat nie God as hul Vader gehad het nie, sou opwek in die koninkryk van ewige lewe gedurende die sewe kerkeeue.

 

Dan stuur Johannes die Doper twee van sy dissipels om Jesus te vra of Hy die Messias is. Die Jode het gedink dat Messias al die Romeine uit Israel sou wegjaag en dan daar regeer. Jesus het dit nie gedoen nie, dus het dit nie gelyk of Hy die Jode van Rome sou verlos nie. Ons grootste fout is om te dink ons weet wat God gaan doen.

Maar Jesus het groter planne. Hy was nie geïnteriseerd om die Jode te red van die tirannie van Rome nie. Hy wou die mensdom red van sonde, en Hy was van plan om die nie-Jode oor die hele wêreld tot bekering te bring gedurende die volgende 2000 jaar van kerk geskiedenis.

Jesus het toe vir Johannes gekomplimenteer omdat hy 'n wonderlike profeet is.

Lukas 7:26 Maar wat het julle uitgegaan om te sien? ’n Profeet? Ja, Ek sê vir julle, nog baie meer as ’n profeet!

27 Dit is hy van wie daar geskrywe is: Kyk, Ek stuur my boodskapper voor u aangesig, wat u weg voor U uit sal regmaak.

Deur Jesus te doop het Johannes die Doper:

a) Jesus gewas as die offer Lam op dieselfde manier as wat die priesters hul offerhandes gewas het.

b) Jesus gewas as die Hoë Priester voor Hy gesalf is deur die Heilige Gees wat op Hom neergedaal het. Moses moes Aäron was en hom met olie salf toe hy die hoë priester geword het.

Dus het Johannes die Doper die weg vir Jesus voorberei om die Verloser en die Hoë Priester te wees van die hemelse Tabernakel. Hierdie Tabernakel word gebou van die lewende stene van wedergebore gelowiges, wat die Christelike kerk opmaak gedurende die sewe kerkeeue.

Lukas 7:29 En toe die hele volk en die tollenaars dit hoor, het hulle God geregverdig deur hulle te laat doop met die doop van Johannes.

Die gewone Jode en die sondaars (tollenaars) het Jonannes se doop van bekering aanvaar.

Lukas 7:30 Maar die Fariseërs en die wetgeleerdes het die raad van God aangaande hulle verwerp deur hulle nie deur hom te laat doop nie.

Die Joodse leiers het Johannes se doop verwerp.

Die mense het Johannes aanvaar as 'n profeet, maar die Joodse leiers het Johannes se leringe verwerp. Die probleem lê basies by die godsdienstige leiers wat nie geïnteresseerd was in die waarheid nie, maar wou hul krag, hul invloed, hul roem en hul geld behou.

Dit is presies wat gebeur aan die einde van Jesus se bediening. Die gewone Jode prys Hom op Palm Sondag toe Hy ingery het op 'n donkie. Maar die volgende Donderdag het die Joodse leiers dieselfde Jode oortuig om te eis dat Hy gekruisig word.

Die godsdienstige leiers het die Jode se ondergang veroorsaak. Eers het hulle die doop van Johannes verwerp. En later het hulle geëis dat Jesus gekruisig word.

Omdat Jesus verwerp is deur die Jode, het Hy na die nie-Jode gedraai.

 

Lukas 7:31 Toe sê die Here: Waarmee sal Ek dan die mense van hierdie geslag vergelyk, en waaraan is hulle gelyk?

32 Hulle is net soos kinders wat op die mark sit en na mekaar roep en sê: Ons het vir julle op die fluit gespeel, en julle het nie gedans nie; ons het vir julle ’n klaaglied gesing, en julle het nie gehuil nie.

Lukas vertel ons hoe Jesus voorspel het dat die Jode Hom sou verwerp.

Jesus het gesê dat wanneer die mense vasbeslote is om die waarheid te verwerp, maak dit nie saak of dit vir hulle aangebied word met vrolike musiek of op 'n hartseer manier nie. Hulle sal dit in elk geval verwerp.

Lukas 7:33 Want Johannes die Doper het gekom en het nie brood geëet of wyn gedrink nie, en julle sê: Hy het ’n duiwel.

34 Die Seun van die mens het gekom en Hy eet en drink, en julle sê: Daar is ’n mens wat ’n vraat en ’n wynsuiper is, ’n vriend van tollenaars en sondaars.

Johannes was 'n baie streng wildernis man, wat nie gesosialiseer het nie en die Jode het hom verwerp. Jesus was nie so streng en het gesosialiseer, maar die Jode het Hom ook verwerp.

Lukas bekemtoon dat die Jode beide Johannes en Jesus verwerp het. Dit het dus 'n deur vir Jesus geopen om die dissipels na die nie-Jode te laat draai, toe hulle die Nuwe Testament kerk begin het gedurende die eerste kerkeeu.

Lukas 7:35 Maar die wysheid is geregverdig deur al sy kinders.

Die nie-Jode sou die wysheid van die Evangelie plan aanvaar wat die meeste Jode verwerp het. Die nie-Jode het die verlossing plan van God waardeer wat nie vir die meeste Jode sin gemaak het nie.

 

Jesus het toe gaan eet in 'n Fariseër se huis, en 'n sondige vrou het Sy voete gewas en gesalf. Net soos met die doop van Jesus, waar Hy gewas is as die Offer, en ook gewas en gesalf is as die Hoë Priester na die orde van Malgisédek vir die sewe kerkeeue.

Petrus het op die Pinkster dag dieselfde gesê.

Handelinge 2:28 ... Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.

Gewas in die waters van die doop, en gesalf deur die Heilige Gees.

Dit is hoe ons gered word van die hel.

Lukas 7:37 En toe ’n vrou in die stad, wat ’n sondares was, verneem dat Hy in die Fariseër se huis aan tafel was, het sy ’n albaste fles met salf gebring

38 en agter by sy voete gaan staan en geween; en sy het sy voete begin natmaak met haar trane en hulle afgedroog met die hare van haar hoof; en sy het sy voete gesoen en met salf gesalf.

Waarom is dit deur 'n vrou gedoen? Waarom het sy net Sy voete gewas en gesalf?

'n Vrou verteenwoordig 'n kerk. Paulus vergelyk die kerk met 'n suiwer maagd wat verloof is aan Jesus as haar man.

2 Korinthiërs 11:2 Want ek is jaloers oor julle met ’n goddelike jaloersheid, want ek het julle aan een man verbind, om julle as ’n reine maagd aan Christus voor te stel.

Dus gebruik Lukas haar as 'n verskoning om te fokus op die toekomstige kerkeeue van die nie-Joodse kerk. Nebukadnésar het 'n visie van 'n nie-Joodse beeld gesien. Die hoof was Babilon, die arms was die Mede en Perse. Die maag en heupe was die Grieke. Die bene het die Romeinse ryk verteenwoordig. Die voete verteenwoordig die 2000 jaar van kerkgeskiedenis wat eindig met die koms van die Here, soos 'n klip wat die hele beeld verwoes.

Die voete simboliseer die sewe kerkeeue waar die nie-Jode gewas word in die water van die Woord en die kerk word gesalf deur die Heilige Gees.

Efésiërs 5:25 Manne, julle moet jul eie vroue liefhê, soos Christus ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het

26 om dit te heilig, nadat Hy dit gereinig het met die waterbad deur die woord,

Die trane van die vrou spreek van berou wanneer die nie-Jode hul sonde bely. 'n Vrou se lang hare spreek van haar onderdanigheid aan haar man. Om haar lang hare te gebruik, beteken dat die belydende kerk onderdanig sal wees aan die Bruidegom, Jesus Christus, die Woord.

Christen vroue sny deesdae hulle hare kort dat hulle nie in staat sou wees om te doen waarvoor Jesus hierdie vrou gekomplimenteer het nie. En sy was 'n sondaar! Het ons standaarde geval? Simboliseer 'n teenwoordige vrou met kort hare dus dat die kerk nie meer in onderdanigheid is tot die Bybel nie?

Lukas 7:39 Toe die Fariseër wat Hom genooi het, dit sien, sê hy by homself: Hy, as Hy ’n profeet was, sou geweet het wie en watter soort vrou dit is wat Hom aanraak; want sy is ’n sondares.

Die selfregverdige Jode het geen tyd gehad vir sondaars, en nog minder vir die nie-Joodse sondaars.

Lukas 7:40 En Jesus antwoord en sê vir hom: Simon, Ek het iets om aan jou te sê. En hy antwoord: Meester, spreek.

41 Hy sê toe: ’n Sekere geldskieter het twee skuldenaars gehad; die een het vyfhonderd pennings geskuld en die ander een vyftig;

42 en omdat hulle niks gehad het om te betaal nie, het hy dit aan altwee geskenk. Sê nou, wie van hulle sal hom die meeste liefhê?

43 En Simon antwoord en sê: Ek veronderstel dié een aan wie hy die meeste geskenk het. En Hy antwoord hom: Jy het reg geoordeel.

Die Jode was nader aan God as die heidense nie-Jode. Dus was die Jode meer geregtig as die nie-Jode. God het dus minder gehad om die Jode te vergewe, omdat hulle baie reg gedoen het.

Maar die nie-Jode was ver van God en het meer verkeerd gedoen as die Jode. God het dus meer gehad om die nie-Jode voor te vergewe.

Gedurende die kerkeeue sou die nie-Jode baie meer liefde vir God hê as die Jode. Daarom word die nie-Joodse kerk die Bruid van God. Omdat hulle van al hul heidendom vergewe word, sal die nie-Jode God meer liefhê.

Lukas 7:44 Daarop draai Hy om na die vrou en sê vir Simon: Sien jy hierdie vrou? Ek het in jou huis gekom — water het jy nie vir my voete gegee nie; maar sy het met haar trane my voete natgemaak en met die hare van haar hoof afgedroog.

Die wetsgehoorsame Jood het Jesus nie goed behandel nie. Die sondige vrou (kerk) het wel. Dit is 'n duidelike teken dat Jesus na die sondaars (die nie-Jode) sou draai, om Sy Nuwe Testament kerk te vorm.

Wanneer 'n man 'n bruid soek, sal hy vir die persoon soek wat hom die meeste sal liefhê.

Lukas 7:45 'n Soen het jy My nie gegee nie; maar sy het, vandat sy ingekom het, nie opgehou om my voete te soen nie.

Die sondige vrou (sondige nie-Jode wat die kerk sou vorm) was baie geheg aan Jesus. Sy is baie vergewe, en het Hom dus baie diep liefgehad.

Om aan die voete van Jesus te wees, simboliseer beide nederigheid en gehoorsaamheid aan Hom. Hierdie is die eienskappe van die nie-Jode kerk van die Nuwe Testament.

Lukas 7:46 Met olie het jy my hoof nie gesalf nie; maar sy het my voete met salf gesalf.

Die Jode wat baie meer geregtig was as die sondige vrou, was redelik onverskillig teenoor Jesus.

Jesus het baie eenvoudig en nederig gekom. Die Jode was nie beïndruk nie. Hulle wou 'n materiële koninkryk van Israel hê, en dat Hy die Romeine moes uitgeskop. God se plan om op Golgota te sterf vir die hele mensdom, was nie 'n idee wat hulle regtig van gehou het nie.

Die Jode het nie Jesus as hul Hoof beskou nie. Die sondige vrou het haarself verneder aan Sy voete.

Lukas 7:47 Daarom sê Ek vir jou: Haar sondes wat baie is, is vergewe, want sy het baie liefgehad; maar hy vir wie weinig vergewe is, het weinig lief.

Die Jode het 'n beter en skoner lewe gelei, en het minder sonde gehad om te vergewe. Dus het hulle God nie so lief gehad nie. Hulle het die kort termyn politieke koninkryk van Israel verkies bo die lang termyn koninkryk van God, wat die doop van Heilige Gees is.

Lukas 17:21 En hulle sal nie sê: Kyk hier! of: Kyk daar! nie; want die koninkryk van God is binne-in julle.

God se Heilige Gees binne-in ons maak elkeen van ons 'n lewende steen in Sy geestelike koninkryk.

Lukas 7:48 En Hy sê vir haar: Jou sondes is vergewe.

Die vrou verteenwoordig die kerk. Die nie-Jode kerk, wat aan Jesus (die Woord) vashou, en in trane van berou is, sou van haar sonde vergewe word.

Lukas 7:49 Toe begin die wat aan tafel was, by hulleself te sê: Wie is hierdie man wat selfs die sondes vergewe?

Die Jode kon nie aanvaar dat Jesus sonde kon vergewe nie. Maar toe Jesus na die nie-Jode gedraai het en verlossing aangebied het in die eerste kerkeeu, was hulle gretig om dit te aanvaar.

Lukas 7:50 En Hy sê vir die vrou: Jou geloof het jou gered; gaan in vrede.

Jesus sien hierdie vrou as 'n simbool van die toekomstige nie-Jode kerk. Ons is almal gered uit genade deur geloof.

Die Heilige Gees doop is ons innerlike rus van sonde. Slegs dan kan ons vrede en troos vind met God.

Efésiërs 2:8 Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God;

Johannes 14:26 maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.

27 Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie.

 

“Die genade van die Here Jesus Christus sy met julle!” — 1 Korintiërs 16:23